Saturday, May 18, 2019

Hoe Belangrik is n Estuarium

Borrowed because it best explain my message

#HerstelStLucia

Hoe Belangrik is n Estuarium

Verbeel jou jy will besef hoe belangrik is n funksionerende Estuarium. Verbeel jou jy het die moed om met oorgawe die rol van n Estuarium in Moeder Natuur te probeer verstaan. Indien jy eg is in jou behoefte om te probeer verstaan vra dan n vriend of vriendin.. liefs n geliefde om jou te help, want dit moet iemand met empatie wees. Iemand wat sal omgee dat jy sal oorleef.

Sodra jy die persoon ge eien het en jou lewe aan hom of selfs, as jy braaf is, 'n haar dan kan jy hierdie baie belangrike oefening doen in vertroue. Die oefening wat jy speels sal verstaan dat ons op geleende tyd speel. Ons in die laaste fraksie ... Die laaste breukdeel van n sekond funksioneer.

Die eksperiment kan of sittend of staande uitgevoer word. Mens sou nou dink dat die n grap is, maar nee die mag dalk die belangrikste oefening in oorlewing wees wat jy nog gedoen het. Gaan staan of sit nou met jou rug na die persoon toe. Dis belangrik dat jy volkome ontspan. So ontspanne wees dat jy voel jy in n alternatiewe realiteit bevind... Amper n stase van slaap. Die is die belangrikste deel van die oefening.

Hoekom so ontspanne wees dat jy in droomland se randjie beweeg. Omdat ons in werklikheid in realiteit so ontspanne is dat ons glad nie ag slaan op die realiteit wat ons in die gesig staar nie. Ons is so vasgevang in ons eie weergawe van die werklikheid dat ons onsself nie n oomblik gun om die realiteit te verwerk nie.

Goed die persoon moet ferm wees. Met geen genade nie, want ons het in ons apatiese verantwoordelikheid sin geen genade nie. Die persoon wat jy gekies het moet sterk wees. Sterk in wil en gees.. sterk wees in vlees ook, want die greep wat ons op Moedernatuur se voortbestaan het is n genadelose ene. In werklikheid n meedoënlose ene. 

Wag die persoon moet doen is om sy of haar een arm ferm om jou te slaan. So by so dat jy nie een van jou twee arms kan beweeg nie. Al wikkel en kriewel jy hoe. Al probeer jy spartel. Die persoon se greep moet ferm en onwrikbaar wees. Soos die greep wat ons as mens op moeder natuur het. 

Verder moet die persoon nou sy of in die brawe mense se gevalle haar hand oor jou mond plaas. Op so manier dat hulle duim en voorvinger jou neus toe knyp. Jou mond smoor en jou laat smag na asem. Dit gaan nie help as sy of haar ferm greep speels gebreek kan word nie, wang ons gee Moedernatuur nie n spelerige kans nie. 

Die ander deel van sy haar hand moet jou mond ook by ferm en stewig toe gehou word. Die greep moet van so aard wees dat jy na asem smag, maar geen manier het om dit in te teug nie. Geen manier om los te worstel nie. Die doel van die oefening is om jou te versmoor. Die lewensgewende asem jou te ontneem. Jou van jou suurstof inasem te vervreem.

Hy of sy moet vasklou as jy begin spartel... Begin smag na asem. Jou kop moet sing.. jy moet swart neuwels voor jou begin sien. Jy moet verward nee bang nee magteloos voel hoe jy van jou lewe ontneem word. Jy moet vreesbevange wees die persoon gaan geen skiet gee nie. Daar moet n verwilderde wille hulp kreet in jou oë verskyn.

Hoekom sou jy braaf wees om iemand van die vroulike geslag te gebruik. Hoekom. Want n moeder is ongenaakbaar as dit kom by die veg vir die oorlewing van haar kinders. Sy sal enige iemand verbete veg wat haar kroos bedreig. Sy sal selfs to moord in staat wees om hulle veilig te hou.

Nou as die vroulike weergawe van mens eers besef dat die oefening die toekoms van haar kroos bepaal, mag sy dalk dit baie letterlik opneem om die boodskap aan jou oor te dra. 

Sonder n Estuarium kan geen wese op aarde asemhaal nie. Niks of niemand nie.

Dis hier waar die see en die revier ontmoet waar asem gebore word. Dis hier waar die enigste organisme wat koolsuurgas verwerk gekweek word. Dis hier waar lewe begin.

Eers as jy die waarde van asem verstaan sal jy jou plig teenoor die St Lucia sisteem besef.

Haal Asem sê jy. Ontspan sê jy. Wel hoe verwag jy moet Moedernatuur asemhaal as jy jou rug op haar draai. As jy elke hulp kreet ignoreer. As jy weier om jou greep op haar te laat skiet.

Dis hier waar jy moet besef... Ons lewe in haar doodsnikke.

Help moeder natuur om haarself te help. Teken die petisie en aanvaar dat ons nie Moedernatuur aan haar eie genadelose lot kan oorlaat nie. Dat ons nie kan bekostig om haar hulpkreet na asem kan en mag ignoreer nie.

Herstel St Lucia Veldtog
Petrus Viviers
081 342 7371

© Alle Regte Op Intellektuele Eienaarskap Voorbehou

This entry and many more like this is sponsored by Tours Africa. The easiest way to book your next life-changing activity across the African Continent. 

No comments:

Post a Comment

St Lucia Experience

Popular Posts